Unisa gee toe dat eksamenvraestelle uitgelek het

November 19, 2019

VAALDRIEHOEK - Die Universiteit van Suid-Afrika het bevestig dat die polisie ondersoek instel na die uitlek van eksamenvraestelle en dat daar ʼn bepaalde verdagte verdink word. Unisa sê ander personeellede en studente wat by die lekkasie betrek word, sal onderwerp word aan beide die universiteit se tugproses asook strafregtelike stappe. ʼn Forensiese oudit sal ook gedoen en bykomende sekerheidsmaatreëls ingestel word. Daar word vermoed dat ten minste 17 modules onder verdenking is. Woordvoerder van Unisa, Thomas Huma, sê Unisa neem kennis daarvan dat die uitlek van die Oktober-November-vraestelle tans in die nuus bespreek word. Huma sê in ’n verklaring die universiteit veroordeel hierdie misdadige optrede ten sterkste. Huma sê Unisa neem die studente se bekommernisse omtrent die uitlek van vraestelle ter harte en werk daaraan om ’n oplossing vir die probleem te vind omdat hy dié kwessie baie ernstig opneem. Huma het ook ’n beroep op studente gedoen om na vore te kom indien hulle genader is deur iemand wat vraestelle aan hulle wou verkoop. Studente kan 086 000 5050 skakel indien hulle weet van vraestelle wat verkoop word.
FOTO: (SABC)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags