Gautengse Onderwysdepartement werk onverpoosd aan plasings

November 20, 2019

VAALDRIEHOEK - Die Gautengse Onderwysdepartement sê hy werk nou saam met skole om meer plekke te verkry vir die plasing van graad een- en graad-agt leerlinge vir die volgende skooljaar. Net meer as 260 000 van die sowat 310 000 leerlinge wat geplaas moet word, het reeds plek gekry. Die spertyd vir plasings is die einde van die maand. Die departement sê ouers wat ontevrede is oor waar hul kinders geplaas is, kan appelleer. Die onderwysdepartement sê skole in gebiede waar die aanvraag baie hoog is, sal tydelike klaskamers kry om vir ekstra leerlinge voorsiening te maak. Die departement sê hy sal ook private skole nader vir die plasing van leerlinge vir wie daar nie plek in openbare skole is nie.
FOTO: (Verskaf)

 

 

Tags:

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags