Aardskudding word gisteraand tot in Vanderbijlpark gevoel

November 25, 2019

VAALDRIEHOEK - Sommige Vaaldriehoek inwoners het ook gisteraand ‘n aardbewing van 3.1 gevoel wat omstreeks 20:00 plaasgevind het. Die aardbewing het sowat 8 km oos van Fochville in Noordwes en 36 km suidwes van Soweto in Gauteng voorgekom. Die skudding kon tot in Johannesburg en Vanderbijlpark gevoel word. Luidens die webwerf van die Suid-Afrikaanse nasionale raad vir geowetenskappe het ’n aardbewing van 3.6 ook gisteroggend in Mpumalanga voorgekom. Dit was in ’n landelike gebied noord van Burgersfort. Inligting oor moontlike skade wat deur die aardbewings veroorsaak is, is nie bekend nie.
FOTO: (Verskaf)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags