Parlement maak voorsiening vir nog 'n vuurwapen-amnestieperiode

November 25, 2019

VAALDRIEHOEK - Suid-Afrikaners word aangemoedig om gebruik te maak van nog 'n vuurwapen-amnestieperiode wat aanstaande maand begin. Die organisasie, Wapenvrye Suid-Afrika het die aanvaarding van 'n resolusie in die Parlement verwelkom wat voorsiening maak vir nog 'n vuurwapen-amnestieperiode. Dit sal op 1 Desember begin en tot die einde van Mei volgende jaar duur. Die Nasionale Vergadering het verlede Donderdag die Portefeuljekomitee oor die Polisie se amnestieverslag goedgekeur. Die doel van die vrywaringsperiode is om mense aan te moedig om onwettige vuurwapens in te handig in 'n poging om misdade, wat met vuurwapens gepleeg word, uit te roei. Wapenvrye Suid-Afrika sê meer as 120 000 vuurwapens is in die vorige twee amnestietydperke ingehandig.

FOTO: (Verskaf)

 

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags