Damvlakke bly laag ondanks onlangse reën

November 26, 2019

VAALDRIEHOEK - Damvlakke in die meeste provinsies bly laag ondanks die afgelope week se swaar reën in onder meer Mpumalanga en Gauteng. Die Vaaldam se vlak is tans 42.5%. Die woordvoerder van die Departement van Water en Sanitasie, Sputnik Ratau sê die hoë temperature wat die reën voorafgegaan het, het daartoe gelei dat water in die damme vinniger as gewoonlik verdamp het. Hy sê damvlakke is steeds laer as dié tyd verlede jaar. Ratau het 'n beroep op verbruikers gedoen om water spaarsaam te gebruik.
FOTO: (Verskaf)

 

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags