Tornado rig glo skade aan by besigheid in die Vaal

November 29, 2019

VAALDRIEHOEK - ‘n Tornado het volgens berigte gisteraand dele van die Vaaldriehoek getref en skade in verskeie gebiede aangerig. Vaalweekblad berig die plaaslike besigheid, Rainbow Inflatables, is gisteraand ernstig beskadig deur ‘n tornado wat die gebied getref het. Dit kom skaars weke na KwaZulu-Natal vier tornados kort na mekaar moes trotseer en tientalle huise beskadig het. Volgens die koerantberig is Rainbow Inflatables se fabriek se dak en strukture afgeruk en lê dit in ‘n dierekamp op die perseel in Vereeniging. Werkers se kamers is beskadig en die eienaars se huis het ook effens skade opgedoen. Dit is nie bekend waar die tornado ontstaan het en watter ander gebiede getref is nie.
FOTOS: (Vaalweekblad)

 

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags