Ouers versoek om nie speelgoedgewere te koop nie

December 4, 2019

VAALDRIEHOEK - Sonke Geslagsgeregtigheid het ʼn versoek gerig aan ouers om nie speelgoedgewere vir hul kinders te koop nie. Die organisasie sê speelgoedgewere normaliseer die idee van geweld en kinders word groot met die idee dat daar niks verkeerds is met die hantering van gewere nie. Sonke het ouers gevra om eerder opvoedkundige speelgoed soos legkaarte vir hul kinders te koop. Sonke-woordvoerder, Suilleman Henry, sê bykans die helfte van alle moorde in Suid-Afrika word met vuurwapens gepleeg en daarom moet ouers ophou om speelgoedgewere as geskenke te gee.
FOTO: (Verskaf)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags