Vaaldam se vlak nou onder 40%; minister vra "spaar water"

December 4, 2019

VAALDRIEHOEK - Gauteng Weather het bevestig dat die Vaal dam se watervlak nou onder 40% is. Dit kom te midde van die minister van water en sanitasie, Lindiwe Sisulu, se beroep op Suid-Afrikaners om water te bespaar. Sisulu het die parlement toegelig oor die stand van die land se water en sanitasiedienste. Sy sê Suid-Afrika is 'n waterskaars land en het ongelyke toegang tot water en swak watergehalte as knelpunte uitgelig. Die plaaslike dam wat aan verskeie areas in Gauteng water voorsien, het spoedige dalings getoon weens onder meer hittegolwe in die omgewing sedert die somer begin het. Dit was op 29 September nog 55% vol en lê teen gisteroggend op 39.9%. Reën wat vir die res van die week in Gauteng voorspel word, sal na verwagting effens verligting bring. Gauteng Weather waarsku inwoners egter dat waterbeperkings wel in plek is by munisipaliteite in die provinsie.

Volg die skakel na 'n video wat van die Vaaldam aan die einde van November vanjaar geneem is: https://twitter.com/ILaesecke/status/1199618666540744705

FOTO: (The Reservoir)

 

 

Tags:

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags