17 noodlottige ongelukke in Gauteng oor die langnaweek
- 90.6 FM News
- Sep 26, 2023
- 1 min read
VAALDRIEHOEK - Gautengse verkeerspolisie sê hulle voorlopige padveiligheidstatistiek toon daar was sedert Donderdag 17 noodlottige ongelukke waarin 21 mense dood is. Agt van die 21 was voetgangers. ʼn Woordvoerder van die provinsiale verkeersafdeling, Sello Maremane, sê spoed, roekelose verbysteek en dronkbestuur was van die hoofoorsake van die noodlottige voorvalle. Maremane sê hulle sal 'n reeks verskerpte wetstoepassingsoperasies en padveiligheidsaktiverings by geïdentifiseerde snelweë en gevaarlike plekke in die provinsie lei om die veiligheid van padgebruikers te verseker. Hy sê bestuurders wat aanhou om straffeloos op te tree en sodoende die lewens van padgebruikers op Gautengse paaie in gevaar stel, sal swaar gestraf word.
FOTO: (Verskaf)

Comments