Die land se paaie en grensposte was gister besonders besig
- 90.6 FM News

- 2 days ago
- 1 min read
VAALDRIEHOEK - Die land se paaie en grensposte was gister besonders besig weens vakansiegangers wat teruggekeer het huis toe ná vakansie. Meer as agtduisend voertuie het uurliks deur die meeste tolhekke op die N3-hoofroete tussen KwaZulu-Natal en Gauteng beweeg, met sowat drieduisend voertuie per uur deur die Nyl-tolhek op die N1-suid vanaf Limpopo na Gauteng. Daar was ook swaar verkeer op die N4 tussen Mpumalanga en Gauteng. Teen gister laatoggend was die tou motors by die Lembombo-grenspos wat van Mosambiek na Suid-Afrika terugkeer sowat 15 kilometer lank. Die Beitbrug-grenspos tussen Suid-Afrika en Zimbabwe was net so besig weens die gelyktydige aankoms van busse uit Malawi, Zimbabwe en Zambië.



Comments