top of page
Search

18-jarige in verlede Vrydag se fratsongeluk op Rossini Boulevard oppad na rehabilitasie.

VANDERBIJLPARK - Die 18-jarige leerder van Hoërskool Driehoek, Gerhard Gerber, wat verlede Vrydagoggend in 'n ernstige fratsongeluk op Rossini Boulevard was, het Dinsdag 24 Oktober ‘n suksessevolle operasie aan sy linker bo-been ondergaan. Gerhard se pa, mnr Gibbs Gerber het aan die 90.6FM nuusspan gesê die swelling op die brein het intussen ook heeltemal gesak. Volgens Gibbs sal Gerhard volgende week met rehabilitasie by in sentrum in Auclandpark, Johannesburg begin om sy been te versterk. Indien Gerhard gereed is vir van sy matriek finale eksamen vraestelle, sal hy dit skryf, maar hy het intussen reeds toestemming gekry om sy matriek finale eksamen vraestelle met die matriek her-eksamen volgende jaar Mei te skryf.



5 views0 comments

Comentarios


bottom of page