VANDERBIJPARK - Die 18-jarige leerling van Hoërskool Driehoek, Gerhard Gerber, wat Vrydagoggend op Rossini Boulevard in ‘n ernstige fratsongeluk was is steeds in die intensiewesorgeenheid. Gerhard se pa, mnr Gibbs Gerber het aan die 90.6FM nuusspan gesê alhoewel hy steeds swelling op die brein het, behoort daar geen permanente brein skade te wees nie. Volgens Gibbs is Gerhard steeds onder sedasie sedert hy Vrydag per helikopter na die Alberton Netcare hospitaal geneem is. Gerhard sal na verwagting môre, 23 Oktober geopereer word om ‘n fraktuur in sy regter bobeen te herstel. Die passasier tydens die fratsongeluk sterk tans tuis aan.
top of page
bottom of page
Comments