VAALDRIEHOEK - Suid-Afrika se inflasiekoers het verlede maand tot 3,8% gedaal, van 4,4% in Augustus, die laagste vlak sedert vroeg-2021. Dit is die vierde agtereenvolgende maand dat inflasie daal, hoofsaaklik as gevolg van laer vervoerkoste nadat brandstofpryse vanaf verlede jaar met nege-persent gedaal het. Woordvoerder van Statistieke Suid-Afrika, Patrick Kelly, sê die daling het verwagtinge van 'n rentekoersverlaging van 25-basispunte laat opvlam wanneer die Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee volgende maand vergader.
FOTO: (Verskaf)
Comentarios