VAALDRIEHOEK - Tot 48% van Suid-Afrikaners met pensioenfondse beplan om van 1 September van hul geld te onttrek ingevolge die nuwe tweepot-aftreestelsel. Redes sluit hoofsaaklik in om skuld af te betaal of dit te gebuik vir daaglikse uitgawes. Navorsing deur Worth toon kommer bestaan oor te min spaargeld vir noodgevalle en jaarlikse onttrekkings, terwyl sommige sal bedank sodat hul pensoengeld kan uitbetaal. Gebrekkige finansiële opvoeding bestaan, waar 42% werkgewers geen steun verskaf nie. Die uitvoerende hoof, Gary Kayle, sê kontantvloei moet verbeter en skuld verminder word om voortydige onttrekkings te verhoed.
top of page
bottom of page
Commentaires