top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

AA waarsku oor negatiewe vooruitsig vir brandstofpryse in Februarie

VAALDRIEHOEK - Die Outomobiel-assosiasie waarsku oor ‘n negatiewe vooruitsig vir brandstofpryse volgende maand. Ongeouditeerde data van die Sentrale Energiefonds dui op moontlike verhogings in alle brandstofpryse, behalwe lampolie. Die AA verwag ‘n verhoging van sowat 11-sent in die prys van 95-oktaan petrol, en 14-sent vir 93-oktaan. Dieselpryse kan met nege-sent per liter styg, en lampoliepryse kan met drie-sent daal. Die swakker rand dra by tot die verwagte verhogings, terwyl bestendige internasionale oliepryse ‘n invloed het op die prys van lampolie.


4 views0 comments

Comentários


bottom of page