Aansienlike styging in brandstofpryse word in Februarie verwag
- 90.6 FM News
- Jan 27
- 1 min read
VAALDRIEHOEK - Motoriste moet gereed maak vir aansienlike stygings in brandstofpryse in Februarie. Data van die Sentrale Energiefonds toon onderverhalings van 86c tot 93c per liter vir petrol en ongeveer R1,10 per liter vir diesel, ondanks die sterker rand en laer oliepryse. Business Tech berig die onlangse versterking van die rand en die dalings in oliepryse gaan tyd neem om die pryse te beïnvloed. Ekonome waarsku stygende brandstofkostes kan inflasie verder opstoot en vroeg in die jaar druk op huishoudings se begrotings plaas.
Comments