VAALDRIEHOEK - Gauteng se LUR vir Onderwys, Sport, Kuns, Kultuur en Ontspanning, Matome Chiloane, sê die 2025 aanlyn toelatings vir Graad 1 en Graad 8 sal Donderdagoggend om 08:00 oopmaak. Chiloane het tydens 'n media-inligtingsessie by Noordwyk Sekondêre Skool in Midrand gepraat. Hy sê alle ouers en voogde in Gauteng met kinders wat volgende jaar in graad 1 en graad 8 is, moet aanlyn aansoek doen. Chiloane sê die departement doen alles moontlik om seker te maak alle aansoekers vir graad 1 en 8 word vir die 2025 akademiese jaar geplaas. Hy sê aansoekers wat nie toegang het tot internet of hulpbronne wat nodig is om aansoek te doen nie, kan aanklop by enige van die 80 instapsentrums in die 15 onderwysdistrikte, waar amptenare hulle met aansoeke sal bystaan.
FOTO: (Verskaf)
Comentarios