VAALDRIEHOEK - Die ACDP sê die aggressiewe besnoeiing aan maatskaplike besteding as gevolg van staatskuld, korrupsie, bedrog en wanadministrasie - belemmer die lewering van gehalte-onderwys aan miljoene kinders uit arm en lae-inkomste-huishoudings. Die mediumtermyn-begrotingstoekenning vir 2024/25 aan die Departement van Basiese Onderwys is R32,3-miljard. ʼn ACDP-woordvoerder, Wayne Thring, sê minister Siviwe Gwarube moet alles moontlik doen om die departement se mislukkings reg te stel.
top of page
bottom of page
Comments