AfriForum begin om Suid-Afrika se watergehalte te toets
- 90.6 FM News
- Aug 8, 2024
- 1 min read
VAALDRIEHOEK - AfriForum het sy jaarlikse program afgeskop om Suid-Afrika se water te toets. In Augustus toets takke landwyd die gehalte van drinkwater en water by behandelingsaanlegte. Die uitslag sal in die burgerlike organisasie se blou- en groendruppelverslag bekendgemaak word. Die Departement van Water en Sanitasie se blou- en groendruppelverslag het verlede jaar getoon 46% drinkwater is mikrobiologies onveilig vir menslike gebruik terwyl 67,6% van alle rioolbehandelingsaanlegte in die land in ʼn hoë of kritiese risiko-kategorie val.
Comments