top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

AfriForum beloof regsoptrede teen die BELA-wet om Afrikaanse skole te beskerm

VAALDRIEHOEK - AfriForum het sy toewyding herbevestig aan teenstand teen die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette, nasionaal én internasionaal. Die hoof van Kultuursake, Alana Bailey, sê hulle regspan berei voor vir 'n versoek aan president Cyril Ramaphosa om nie die wysigingswetsontwerp te onderteken nie nadat die Nasioinale Vergadering dit gister goedgekeur het. Bailey beweer die wysigingswetsontwerp bedreig Afrikaanse skole en kulturele identiteit deur die taal uit te sluit uit staatskole, wat 'n risiko is vir gehalte-onderwys weens die sentralisering van toelatingsbesluite.

Die Departement van Basiese Onderwys verwelkom egter die Nasionale Vergadering se goedkeuring van die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette. Dis deurgevoer met 223 stemme ten gunste daarvan en 78 daarteen. Minister Angie Motshekga loof dit as 'n waterskeidingsoomblik. Sy sê die wysigingswetsontwerp gee aandag aan kritieke uitdagings en harmoniseer skooltaalbeleid met provinsiale riglyne, terwyl dit die grondwetlike reg tot onderwys behou.

FOTO: (Verskaf)


4 views0 comments

Comments


bottom of page