top of page
Search

AfriForum bepleit gemeenskapsbetrokkenheid by munisipale water skuldkrisis

Writer's picture: 90.6 FM News90.6 FM News

VAALDRIEHOEK - AfriForum het herhaal gemeenskapsbetrokkenheid is belangrik om munisipale skuld van R21-miljard aan waterrade aan te spreek. Dit volg nadat minister Pemmy Majodina in 'n verslag aan die Parlement, die Departement van Water en Sanitasie se uitdagings met onbetaalde munisipale rekenings uiteengesit het. Emfuleni munisipaliteit is een van die munsipaliteite in die land wat miljoene skuld aan Rand Water. AfriForum-lid, Lambert de Klerk, het die noodsaaklikheid van openbare-private vennootskappe beklemtoon om munisipale dienste te bestuur en skuld te verminder. Hy stel samewerkende oplossings tussen gemeenskappe, die privaat sektor en die regering voor.

FOTO: (Verskaf)


3 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


A New Design (1) (2).jpg
bottom of page