top of page
Search

AfriForum besig met voorbereidings vir regstappe teen die omstrede BELA wet vir skole

VAALDRIEHOEK - AfriForum sê hy is besig met voorbereidings vir regstappe teen die omstrede Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (BELA), hangende verdere wetgewende verwikkelings. Die Parlement se portefeuljekomitee oor Basiese Onderwys het die BELA-wetsontwerp aanvaar. Die organisasie voer aan die insluiting van artikels oor taal- en toelatingsbeleid dien in die eerste plek politieke doelwitte eerder as om onderrig te verbeter. ʼn Woordvoerder van AfriForum, Alana Bailey, beskuldig komiteelede daarvan dat hulle openbare insette verontagsaam wat nie met hul agenda strook nie.

Intussen oorweeg die vakbond Solidariteit ook regstappe nadat die ANC en die EFF die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette goedgekeur het in die Parlement se portefeuljekomitee oor Basiese Onderwys. Die vakbond voer aan die wetsontwerp dra die mag om besluite te neem oor skole se taal- en toelatingsbeleide van beheerliggame na die regering oor. Johan Botha van Solidariteit sê meer as 80-persent van openbare insette was gekant teen die wetsontwerp, met verdere teenkanting van politieke opposisie in die komitee. Botha beweer die regering se fokus is gerig daarop om onderwys te sentraliseer en Afrikaans in skole te ondermyn. FOTO: (Verskaf)


3 views0 comments

Comentarios


bottom of page