AfriForum bevraagteken BELA-wet te midde van onderwysbegrotingskrisis
- 90.6 FM News
- Sep 26, 2024
- 1 min read
VAALDRIEHOEK - AfriForum bevraagteken die Wet op Basiese Onderwyswette terwyl die Departement van Onderwys ernstige begrotingsbesnoeiings moet aanspreek. Minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, sê tussen R79-miljard en R118-miljard word teen 2028 benodig. AfriForum-woordvoerder, Alana Bailey, is bekommerd oor skoolinfrastruktuur en personeel. Sy sê die bepalings in BELA, insluitend verpligte graad R, kan die druk op skole vererger.
Comments