VAALDRIEHOEK - AfriForum sê hy het 'n dringende aansoek teen Rand Water ingedien. Dit is ná die nutsmaatskappy se besluit, verlede week, om watertoevoer te verminder na verskeie munisipaliteite, wat hom gesamentlik R3-miljard skuld. Die betrokke munisipaliteite sluit in, Emfuleni en Lesedi in Gauteng, Ngwathe in die Vrystaat, en Govan Mbeki in Mpumalanga. AfriForum sê, Rand Water se besluit om watervoorsiening te verminder, al is dit dalk gedrewe deur operasionele of finansiële beperkings, het vérreikende implikasies vir die gemeenskappe wat geraak word. Intussen is spanne van Johannesburg Water en Rand Water besig om stelsels te herkonfigureer om die vloei te verbeter. Die woordvoerder van Johannesburg Water, Nombuso Shabalala, sê ondersoeke het 'n toe Rand Water-klep onthul, wat die voorraad beperk. Shabalala sê reservoirs bly kritiek laag weens 'n voorval by die Eikenhof-pompstasie. Sy sê hulle moniteer die stelsels deeglik.
top of page
Search
Recent Posts
See AllVANDERBIJPARK - The EFF in Gauteng has condemned the ongoing water crisis in parts of the City of Johannesburg, saying this is a direct...
00
VAAL TRIANGLE - The DA is urging the South African Social Security Agency to extend the SASSA gold card deadline. The party is citing...
00
VAALDRIEHOEK - Die leier van die ACDP, Kenneth Meshoe sê werkloosheid bly te hoog, en talle gekwalifiseerde dokters sukkel om werk te...
00
bottom of page
コメント