VANDERBIJLPARK - AfriForum dreig Rand Water met regstappe oor sy besluit om die watertoevoer na verskeie wanbetalende munisipaliteite te verminder in 'n poging om hulle agterstallige skuld te verhaal. Die plaaslike owerhede wat geraak word, sluit in Emfuleni, Sedibeng, en die Wes Rand. Net Gautengse munisipaliteite alleen skuld die water nutsmaatskappy R2-miljard. Petrus Coetzee van AfriForum, sê sy regspan het 'n dringende brief aan Rand Water gerig om die wanpraktyk te stop en toe te sien dat die gemeenskappe die nodige water ontvang.
top of page
bottom of page
Comentarios