top of page
Search

AfriForum gaan appelleer teen die uitspraak oor die geldigheidstydperk van rybewys-kaarte.

VAALDRIEHOEK - AfriForum sê hy het in die Hooggeregshof in Pretoria aansoek gedoen om verlof tot appèl teen die uitspraak dat die geldigheidsperiode van rybewyskaarte nie hersien word nie. Die burgerregte-organisasie se oorspronklike hersieningsaansoek is in Oktober van die hand gewys. Louis Boshoff van AfriForum sê hulle het talle klagtes ontvang van individue wat nie hulle hernude rybewyskaarte betyds van die Departement van Vervoer ontvang het nie. Hy sê hulle is beboet al het hulle alles moontlik gedoen om binne die wet te bly.


4 views0 comments

Comments


bottom of page