top of page
Search

AfriForum is ontevrede dat die regering in die geheim wysigings aan die Wet op Vuurwapenbeheer wil deurvoer

VAALDRIEHOEK - Die burgerregteorganisasie AfriForum beskuldig die regering daarvan dat hy in die geheim by Nedlac probeer om wysigings aan die Wet op Vuurwapenbeheer deur te voer sonder inspraak van burgerlike samelewing of vuurwapeneienaars. Die organisasie sê hierdie geheimhouding beklemtoon die regering se poging om wetsgehoorsame burgers te straf terwyl hul eie onbevoegdhede beskerm word. Die organisasie wys daarop dat staatsentiteite sowat twee-komma-twee miljoen vuurwapens besit, maar dat veral die polisie en weermag duisende wapens en miljoene rondtes ammunisie oor die jare verloor het. AfriForum se hoofwoordvoerder oor Gemeenskapsveiligheid, Jacques Broodryk, sê die regering wil wetsgehoorsame burgers ontwapen, terwyl hul self die hoofbron van onwettige wapens in die hande van kriminele is.

 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


Sleepwa Parte Apr 25_VCR Banner.png
bottom of page