top of page
Search

AfriForum is teleurgesteld met Basiese Onderwys se besluit oor Robotika as skoolvak

VAALDRIEHOEK - Die burgerregteorganisasie AfriForum sê die onderwysdepartement se besluit om kodering en robotika as verpligte skoolvakke voorlopig te staak, bevestig hul jarelange twyfel oor die betekenis van die hoë matriekslaagsyfer. Die fokus verskuif nou na swak lees- en begripsvermoë by leerders, wat die aanbieding van insigvakke soos kodering onhaalbaar maak. AfriForum se hoof van kultuursake, Alana Bailey, meen die regering faal om die jeug vir die arbeidsmark voor te berei. Sy sê privaat inisiatiewe bly volgens haar die enigste hoop vir gehalte onderrig, terwyl AfriForum moedertaalonderrig sal bly beskerm.

 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


Sleepwa Parte Apr 25_VCR Banner.png
bottom of page