top of page
Search

AfriForum neem aksie teen Emfuleni munisipale bestuurder vir die storting van riool in Vaalrivier

VANDERBIJLPARK - AfriForum sê hy het die afgelope Donderdag ‘n strafregtelike klagte teen die munisipale bestuurder van die Emfuleni plaaslike munisipaliteit, April Ntuli gelê vir die storting van rou riool in die Vaalrivier. AfriForum het die regering se versuim om die krisis aan te spreek veroordeel, met verwysing na die verspreiding van indringerplantspesies soos waterslaai as gevolg daarvan. AfriForum het die nasionale regering gekritiseer en gesê ondanks die feit dat die regering reeds talle vergaderings met die gemeenskap belê het, neem hulle maande om spesifieke aksies goed te keur om die probleem aan te spreek. Volgens AfriForum se streekhoof, het Jaco Grobbelaar het amptenare gesê die regering het slegs R2-miljoen beskikbaar om aan die Vaalrivier-krisis te bestee, ten spyte van die R2,6-miljard “Working for Water”-program wat deur die minister van bosbou, visserye en die omgewing Barbara Creecy in November verlede jaar van stapel gestuur is, juis vir die beheer van uitheemse indringerspesies en die herstel van natuurlike habitatte. Grobbelaar sê die gemeenskap se frustrasie is tasbaar aangesien hulle nie net omgewingsagteruitgang in die gesig staar nie, maar ook burokratiese traagheid in die bekamping van hierdie dringende kwessie. AfriForum moedig die publiek aan om klagtes rakende die storting van onverwerkte riool by die Menseregtekommissie (MRK) in te dien. Burgers het die reg tot ’n skoon en veilige omgewing. Grobbelaar sê die regering skend burgers se reg tot ’n skoon en veilige omgewing op die oomblik en moet tot verantwoording geroep word om dit reg te stel.


5 views0 comments
bottom of page