top of page
Search

AfriForum Sasolburg vra ondersteuning met ‘n skoonmaakaksie more oggend

SASOLBURG - AfriForum Sasolburg gaan môre weer ‘n skoonmaakaksie hê om ‘n gedeelte van die dorp netjies te maak. Die burgerregte organisasie het in ‘n kennisgewing gesê hulle gaan die groenstrook vanaf die Checkers robot tot by Sasolburg Hoërskool om 08:00 môre oggend, 21 Oktober, skoonmaak. Die publiek word gevra om asseblief te kom help sover moontlik. Inwoners word aangemoedig om hulle eie bossiesnyer, kettingsaag (as jy een het), sonbrandmiddel, hoed en tonne gees saam te bring. FOTO: (AfriForum Sasolburg)


 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


Sleepwa Parte Apr 25_VCR Banner.png
bottom of page