top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

AfriForum se aansoek om die geldigheid van bestuurslisensiekaarte om te keer van die hand gewys.

VAALDRIEHOEK - AfriForum sal die stryd voortsit om die hernuwing van rybewyse te laat skrap. Die Hooggeregshof in Pretoria het die burgerlike organisasie se aansoek om die geldigheid van bestuurslisensiekaarte om te keer, van die hand gewys op grond van die tydsberekening van die aansoek. Regter AJ Strijdom het gesê AfriForum moes dié saak vroeër aanhangig gemaak het aangesien die vertraging onredelik was. Die veldtogbeampte van AfriForum, Louis Boshoff, is teleurgesteld en beklemtoon die hof het nie die meriete van die saak aangespreek nie, maar eerder kwytskelding geweier weens die laat indiening van die hersieningsaansoek.


6 views0 comments

Comentários


bottom of page