top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

AfriForum stel 'n veiligheids-assessering vir kerke, veral in Gauteng, bekend

VAALDRIEHOEK - AfriForum se afdeling vir Gemeenskapsveiligheid het ’n assesserings-dokument vrygestel wat kerke as riglyn kan gebruik om hul veiligheidsmaatreëls te verbeter. Dit kom te midde van 'n toename in misdaad-voorvalle by kerke, veral in Gauteng, waar telefone en geld van gemeentelede geroof is, met sommige voorvalle wat selfs in aanranding, ontvoering en moord geëindig het. Jacques Broodryk van AfriForum sê die dokument bied ook riglyne sodat kerke voorbereid kan wees op inbrake, gewapende rooftogte, voertuigdiefstal en brandstigting.

FOTO: (Verskaf)


12 views0 comments

Comments


bottom of page