top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

AfriForum Vanderbijlpark hou môre oggend ‘n skoonmaakaksie

VANDERBIJLPARK - AfriForum Vanderbijlpark het alle inwoners van die dorp genooi om hulle môre, 2 Desember 2023, by te staan met ‘n skoonmaakaksie. Dit volg na AfriForum Vanderbijlpark hierdie week ook die gras by Phoenix Park oorkant die Riverside Sentrum gesny het. Die organisasie het in ‘n kennisgewing gesê hulle gaan môre oggend om 08:00 die veldjie in Jean Websterstraat, SW 1, Vanderbijlpark, skoonmaak. AfriForum sê daar sal na afloop van die skoonmaakaksie ‘n bring en braai met boeremusiek wees. Dit is volgens die organisasie ook ‘n geleentheid om te hoor waar AfriForum staan en meer inligting te kry oor die projekte waarmee hulle tans besig is.

FOTOS: (AfriForum Vanderbijlpark)



3 views0 comments

Comments


bottom of page