top of page
Search

AfriForum-verslag ontbloot mislukking van waterbehandelingsaanleg in Parys

PARYS - AfriForum se ingenieursverslag oor die waterbehandelingsaanleg in Parys in die Vrystaat het onthul onbehandelde rivierwater word direk in die dorp se netwerk ingepomp sonder basiese behandeling. Morné Mostert van AfriForum sê basiese onderhoud word verwaarloos, bestuur is swak, en die nuwe infrastruktuur is foutief. Mostert sê byna 50,000 inwoners word steeds geraak. Hy beklemtoon die gesondheidsrisikos weens onbehandelde water en onderstreep die belangrikheid van oorsig deur die Departement van Water en Sanitasie.


 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


Sleepwa Parte Apr 25_VCR Banner.png
bottom of page