VAALDRIEHOEK - AfriForum se jaarlikse verslag oor plaasaanvalle en -moorde toon 49 plaasmoorde in 296 aanvalle in 2023. Die hoofwoordvoerder vir Gemeenskapsveiligheid, Jacques Broodryk, sê dit is nagenoeg een moord per week. Broodryk kritiseer die regering en die polisie vir hulle dubbele standaarde met die voorkoming van, en ondersoek na dié misdade. Hy vra die regering vir 'n spesiale ministeriële taakspan vir plaasmoorde.
top of page
bottom of page
Comments