top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

AfriForum verwelkom verlenging van spertyd vir geskrewe voorleggings oor die Bela-wetsontwerp

VAALDRIEHOEK - AfriForum verwelkom die uitstel van die spertyd van 19 Januarie vir die publiek om skriftelike voorleggings in te dien oor die Wetsontwerp op Wysiging van die Basiese Onderwyswette. Die spertyd is nou die 31ste van die maand. ‘n Woordvoerder van AfriForum, Alana Bailey, sê indien die Bela-wetsontwerp in sy huidige formaat goedgekeur word, sal die besluitnemingsbevoegdhede van gemeenskappe en ouers ten opsigte van baie belangrike aspekte van hulle kinders se opvoeding, beëindig word.

FOTO: (Verskaf)


6 views0 comments

Comentários


bottom of page