top of page
Search

Agri SA verwelkom 4,4% minimumloon-verhoging

VAALDRIEHOEK - AgriSA verwelkom die gebalanseerde benadering van die Nasionale Minimumloonkommissie tot die minimumloonverhoging van 4,4%, met ingang 1 Maart. Die loon styg van R27,58 tot R28,70 per uur. Die uitvoerende hoof, Johann Kotzé, benadruk die aanpassing verseker die voortbestaan van plaaswerkers. Hy sê dit neem ook die volhoubaarheid van die landbousektor in ag, te midde van droogte en ekonomiese uitdagings. Kotzé verwag die sektor sal vanjaar groei van 3,5% in die bruto binnelandse produk ondervind weens die verwagte La Niña-weerpatroon en geleidelike ekonomiese herstel.

 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


Sleepwa Parte Apr 25_VCR Banner.png
bottom of page