top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

AMSA skenk 100 sakke teer aan Vanderbijlpark gemeentes vir herstel van slaggate

VANDERBIJLPARK - ArcelorMittal Suid-Afrika (AMSA) sê hy het onlangs 100 sakke teer aan die LCF Gemeente Vanderbijlpark geskenk. AMSA het in 'n verklaring gesê dit sal gebruik word tydens hul inisiatief, 'Salt and Light Movement', wat daarop gemik is om slaggate te herstel en vullis op te ruim in 'n poging om Vanderbijlpark skoon te maak. Die organisasie sê drie ander plaaslike kerke het by die LCF-kerk aangesluit. Saam het hulle meer as 150 slaggate in Rossini-boulevard herstel en 450 vullissakke met rommel by die kruising buite die Vaal Mall gevul. AMSA sê baie Vanderbijlpark inwoners gebruik Rossini-boulevard om by hulle werksplekke te kom. Hy sê dit is te danke aan inisiatiewe soos hierdie wat baie help om die rit meer aangenaam te maak.

FOTOS: (AMSA, Salt and Light Movement)









2 views0 comments

Comments


bottom of page