ArcelorMittal SA ontken gesprekke met die regering oor ‘n R1-miljard reddingsboei
- 90.6 FM News
- Feb 11
- 1 min read
VEREENIGING - Die uitvoerende hoof van ArcelorMittal Suid-Afrika, Kobus Verster, het ontken dat daar enige gesprekke met die regering is oor ʼn reddingsboei van R1-miljard vir die sukkelende staalmaatskappy. Verster het egter bevestig die sluiting van die langstaal-aanlegte word met ʼn maand uitgestel om die regering te betrek. Volgens Verster probeer hulle daarmee 3,500 werksgeleenthede red en bedrywighede in Vereeniging en Newcastle voortsit, wat noodsaaklik is vir sektore soos spoor, landbou en mynbou. Hy kritiseer die trae optrede van die regering terwyl die maatskappy jaarliks ʼn verlies van R5,1-miljard toon.
Comments