Automobiel-Assosiasie bepleit voertuig-instandhouding met die winter wat byt
- 90.6 FM News
- Jun 20, 2024
- 1 min read
VAALDRIEHOEK - Die Automobiel-Assosiasie raai motoriste aan om instandhouding aan hulle voertuie te doen voor die winter regtig inskop. Volgens die AA kan die koue weer probleme wat van die warmer maande oorstaan, laat vererger. Dit sê mense bestuur minder in die wintermaande en dit is die ideale geleentheid om te versien. Die AA beklemtoon die gereelde nagaan vir optimale prestasie en padveiligheid. Dit wys ook op die belangrikheid van persoonlike veiligheid gedurende die korter winterdae weens meer misdadige bedrywighede.
Comments