Azapo maan meer as 14-miljoen ongeregistreerde kiesers om te registreer om te stem.
- 90.6 FM News
- Feb 22, 2024
- 1 min read
VAALDRIEHOEK - Die Azanian People’s Organisation sê die komende nasionale verkiesing is belangrik vir die land se toekoms. Die party moedig die meer as 14-miljoen mense in die land wat oud genoeg is om te stem, aan om as kiesers te gaan registreer. Stemgeregtigde kiesers het tot Vrydag, 23 Februarie om vir die komende verkiesing te registreer AZAPO se woordvoerder, Jabu Rakwena, sê kiesers se gebrek aan belangstelling gaan nie korrupte politici uit die regering kry nie.
Comments