Baie vrae oor skuld na aanleinding van Heilbron se inlywing by Metsimaholo
- 90.6 FM News
- Mar 13, 2024
- 1 min read
METSIMAHOLO - Die Munisipale Afbakeningsraad het op 28 Februarie 2024 besluit dat Heilbron beslis deel sal word van die Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit. Die inlywing sal eers met die volgende munisipale verkiesing ge-implimenteer word. 'n Vergadering van raadslede, gemeenskapslede en ander belanghebbendes is vir 15 Maart 2024 om 10:00 belê om breedvoerig terugvoer oor die besluit te kan gee. Die praktiese implikasies van die inlywing sal bespreek word, insluitend die moontlike vermindering in die vergoedingspakette van munisipale amptenare en die oorneem van Heilbron se Randwaterskuld van R66-miljoen. Die vraag is of Metsimaholo die skuld gaan oorneem indien Ngwathe, soos waarskynlik blyk te wees, dit nie kan betaal nie. Daar is ook vrae oor hoe die half-voltooide en falende projekte in Heilbron prakties hanteer sal word en wie daarvoor verantwoordelikehid moet neem. Inwoners word aangemoedig om die beoogde inligtingsvergadering by te woon sodat daar groter en meer duidelikheid oor die talle praktiese implikasies van die inlywing gekry kan word. Die plek waar vergader sal word, sal deurgegee word sodar dit beskikbaar is.
Comments