Bedrogvoorkomingsdiens waarsku Suid-Afrikaners teen belasting-opgawe-bedrogspul
- 90.6 FM News
- Jul 11, 2024
- 1 min read
AALDRIEHOEK - Die uitvoerende hoof van die Suider-Afrikaanse Bedrogvoorkomingsdiens, Manie van Schalkwyk, waarsku Suid-Afrikaners teen die klakkelose aanvaarding van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens se outo-aanslae. Van Schalkwyk sê die Inkomstediens bevorder al hoe meer outo-assessering vir belastingbetalers wat kwalifiseer. Hy sê hulle kom dan óf in aanmerking vir 'n terugbetaling, óf moet geld inbetaal. Hy voeg by bedrieërs kontak belastingbetalers en gee voor hulle is van die diens. Wanneer belastingbetalers aanteken om die outo-beoordeling in te vul, word hulle na 'n gevolmagtigde webblad gestuur waar die bedrieërs die inligting gebruik wat hulle op die vorm ingevul het.
Comments