top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

Belasting betalers dok op as gevolg van sloering met bouprojek by Parys Korrektiewe Sentrum

SASOLBURG - Die DA sê die voortgesette sloering met die bouprojek vir die vergroting en opknapping van die Parys Korrektiewe Sentrum kos belastingbetalers gemiddeld R345,000 per jaar vir die vervoer van 35 korrektiewe dienste personeellede wat daagliks tussen Parys en Sasolburg vervoer moet word. Dit afgesien van die tyd wat op die pad spandeer word, en voertuie wat hiervoor beskikbaar gestel moet word. Die begroting vir die projek het aanvanklik R282-miljoen beloop, maar het maande lank stilgestaan nadat die vorige kontrakteur, NJR Projects van die sogenaamde tenderpreneur Edwin Sodi, se kontrak weens swak prestasie beeïndig is. Die projek was veronderstel om teen April 2023 voltooi te gewees het en is in Februarie aan ‘n nuwe kontrakteur oorhandig. Dit moet nou teen Augustus 2025 voltooi wees. Na aanleiding van ‘n geskrewe antwoord op ‘n vraag aan die departement van korrektiewe dienste, blyk dit voorts dat die sluiting van die Paryse sentrum daartoe gelei het dat die Sasolburg-sentrum nou teen 153% beset is. Volgens Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die Departement Korrektiewe Dienste sal die nuwe generasie fasiliteit met voltooiing 266 beddens hê, teenoor die 84 beddens wat die ou korrektiewe sentrum gehad het. Die DA se George Michalakis sê dit lyk wel asof die nuwe kontrakteur goieie vordering maak.



3 views0 comments

コメント


bottom of page