Belastinginstituut herhaal SAID-waarskuwing oor swendelskemas tydens belastingseisoen
- 90.6 FM News

- Jul 8
- 1 min read
VAALDRIEHOEK - Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Belasting het belastingbetalers van die Vaaldriehoek en die res van Suid Afrika aangemoedig om deel te neem aan die Inkomstediens se outomatiese aanslagproses, wat tot die 20ste duur. Die waarnemende adjunk-uitvoerende hoof, Keitumetse Sesana, het aan Newzroom Afrika verduidelik burgers wat SMS- of e-poskennisgewings ontvang, kan hul aanslae op die Inkomstediens se aanlyn-navraagstelsel besigtig. Sy beklemtoon besware kan op amptelike kanale geopper word voor die ombud of regstappe oorweeg word.
Intussen het die Suid-Afrikaanse Instituut vir Belasting ook die oproep van die kommissaris van die Inkomstediens, Edward Kieswetter, beaam vir waaksaamheid te midde van toenemende swendelskemas tydens die belastingseisoen. Sesanasê swendelaars boots eposse van die Inkomstediens na. Sy stel voor dat burgers belasting-verwante kommunikasie regstreeks met die Inkomstediens of 'n geregistreerde belastingpraktisyn moet bevestig, en sê slagoffers van swendelskemas word nie gevrywaar van belastingverpligtinge nie.



Comments