Beplande wateronderbrekings word Vrydag in Midvaal verwag
- 90.6 FM News
- Dec 9, 2024
- 1 min read
MIDVAAL - Die Midvaal-munisipaliteit in Gauteng sê inwoners moet voorberei vir vir beplande wateronderbrekings in Wyk 3 hierdie Vrydag. Die onderbrekings sal plaasvind vanaf agtuur in die oggend tot agtuur in die aand vir ‘n finale inskakeling van die waterpypleiding by die Meyerton Mall. Die gebiede wat geraak sal word sluit in Kookrus, Rothdene, en die Sybrand van Niekerk besigheidspark. Die munisipaliteit sê hy sal twee watertenkwaens in Rothdene verskaf, wat in Gallowaystraat en Norvallaan gestasioneer sal wees.
FOTO: (Midvaal Plaaslike Munisipaliteit)


Comments