VAALDRIEHOEK - Die N3-tolkonsessie sê piek-verkeer sal na verwagting die naweek op die N3-tolroete tussen KwaZulu-Natal, die Vrystaat en Gauteng voortduur met meer vakansiegangers wat terugkeer huis toe. Besige verkeer is dié week ondervind, met op sy ergste tussen een-duisend en een-duisend-900 voertuie per uur wat noordwaarts na Gauteng beweeg het. Die bedryfsbestuurder van die N3-tolkonsessie, Thania Dhoogra, sê padgebruikers moet veral swaar noordwaartse verkeersvolumes verwag, wat moontlike opeenhoping en vertragings op Sondag tussen nege die oggend en ses-uur die middag insluit.
FOTO: (Verskaf)
Comments