top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

Bespuiting met glifosaat in Vaalrivier opgeskort

VAALDRIEHOEK - Die minister van Water en Sanitasie, Senzo Mchunu, en die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Barbara Creecy, het aangekondig dat die bespuiting van onkruid in die Vaalrivier met glifosaat opgeskort is. Die twee ministers het 'n tegniese taakspan onder leiding van die Rand Water-bestuur tot stand gebring, ná openbare kommer oor die gebruik van glifosaat op waterslaai in die Vaalrivier. Die departement se woordvoerder, Wisane Mavasa sê, nakoming- en toepassingsintervensies sal in die mediumtermyn verskerp word teen besoedelingsbronne wat die toestand vererger.

FOTOS: (Rand Water, SAVE the Vaal Environment)



4 views0 comments

Comments


bottom of page