VAALDRIEHOEK - Eskom het beurtkrag van 05:00 vanoggend opgeskort tot 16:00 vanmiddag. Dit is danksy die nood-reserwes wat volledig aangevul is. Fase twee-beurtkrag sal dan weer van vanmiddag 16:00 af tot môreoggend 05:00 geld. Dié patroon sal tot verdere kennisgewing herhaal word. Vroeër die week het die minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, gesê die laer fases van beurtkrag is ‘n kombinasie van ‘n afname in vraag, beter lewering deur aanlegte en ‘n groter aanwending van hernubare energie deur huishoudings en nywerhede.
FOTO: (Verskaf)
Comments