VAALDRIEHOEK - Eskom sê hy moes noodgedwonge beurtkrag verhoog om noodopwekkingsreserwes te herwin. Fase vier-beurtkrag het vanoggend om vyf-uur in werking getree en sal tot vieruur vanmiddag duur. Fase vyf sal van dan af toegepas word en tot môreoggend om vyf-uur aanhou. Hierdie patroon sal tot verdere kennisgewing voortduur. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê ‘n opwekkingseenheid elk by Duvha, Hendrina en Tutuka en twee opwekkingseenhede by die Kendal-kragstasies is die naweek vir herstelwerk van lyn geneem.
Dit volg na die minister van Elektrisiteit Kgosientsho Ramakgopa net gister gesê het die elektrisiteitsaanvraag is besig om af te neem met die einde van die winter in sig. Ramakgopa sê Eskom beplan om seker te maak sy eenhede is meer betroubaar sodat hy die nodige megawatt kan opwek. FOTO: (Eskom)

Comments